Kwalata Lodge - Dinokeng Game Reserve

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kwalata Lodge is oor die laaste 20 jaar as die vooraanstaande lodge, korporatiewe- en funksie-venue in Suid-Afrika gevestig. Die Afrika-bosveld en ontspanne atmosfeer bied die ideale omgewing vir funksies, spanbou (geriewe op die perseel), produkbekendstellings, uitstallings en konferensies. Kwalata word deur die eienaar self bestuur en is in die noorde van Gauteng geleë. Die lodge is eko-vriendelik en is by Fair Trade Tourism geregistreer.

Kom ervaar Afrika-wild op jou drumpel net 1 uur van OR Tambo Internasionale Lughawe en 'n halfuur se ry van Pretoria af. Die Groot 5 loop los rond op dié 18 000 ha-wildreservaat met 'n klomp ander wild en voëllewe is ook hier te sien. Dit is die perfekte, malariavrye oornagplek op pad na noordelike bestemmings.

Die Dinokeng Groot-5 Wildreservaat is in 2010 gestig. Dit mik om bewaring, toerisme, korporatiewe netweke en gemeenskapsbetrokkenheid te gebruik om 'n sosia-ekonomiese verandering teweeg te bring. Wildkyk op spesiale wildkykvoertuie verhoog die kans om die Groot 5, olifante, wildebeeste, kameelperde, koedoes, elande, blouwildebeeste, tsessebi's, rooihartebeeste, waterbokke, sebras, impalas en jakkalse om maar net 'n paar te noem te sien.

Kwalata kombineer kulturele-, sosiale- en omgewingsprogramme met deelname van gaste wat meetbare uitkomste tot gevolg het. Kwalata spesialiseer in wildritte, safari's, konferensies, troues, spanbou, skool- en avontuurgroepe, "township"- en kulturele-toere.

Kwalata bied 21 chalets en 10 suites wat elkeen lugversorging en koffie- en teemaakgeriewe het.
Chalet 1 - 4: Dié grasdak-chalets van steen het 'n oopplan-uitleg met 1 dubbelbed en 2 enkelbeddens. Al die chalets het en suite-badkamers en is toegerus vir selfsorg met 'n yskas, mikrogolf en 'n oond. Dit is ideaal vir gesinne en daar is 'n gemeenskaplike kampvuur braai-lapa in die middel.
Chalet 5: 'n Pragtige grasdak-chalet is ons wittebroodeenheid. Dit is modern versier en bied 'n privaat sitarea en 'n en suite-badkamer, asook 'n tuin met 'n buitestort.
Chalet 6 - 8: Hierdie tweeslaapkamer-houthuisies het grasdakke. Elkeen het 2 enkelbeddens wat as dubbelbeddens opgemaak kan word. Al die badkamers is en suite met buitestorte. Elke eenheid het 'n ten volle toegeruste kombuis en 'n privaat kampvuur-lapa waar gaste kan braai.
Chalet 9 - 18: Daar is 10 aangrensende slaapkamer-suites met grasdakke. Hierdie kamer het lugversorging en koffie- en teemaakgeriewe.
Chalet 19 - 28: Hierdie oopplan-houthuise met dubbel- en enkelbeddens het elkeen 'n en suite-badkamer en 'n buite-stort. Hulle is elkeen ingerig met lugversorging en koffie- en teemaakgeriewe.

Let op die addisionele bewaringsfooi van R40 per volwassene en R25 per kind, betaalbaar met aankoms.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  Witborde
  •  Internet
  •  Skuifie-projektor
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kwalata Lodge - Dinokeng Game Reserve gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false