Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

KwaThula Too

KwaThula Too
Vanaf
Vanaf R1 050
per eenheid
Beskrywing

'n Intieme, afgewitte kothuis net 100 m van die strand af met see-uitsigte. Die kothuis is rolstoelvriendelik en het 'n kaggel. Dit is 'n tuinwoonstel langs KwaThula. Bekoorlik en privaat, met sy eie sekuriteitstelsel, parkeerplek en paadjie na die strand.

Die eenheid/kamer het
Dubbelbed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Tariewe
Kamergeriewe
Badkamer
  • En-suite
  • Stort
Kamergeriewe
  • Kaggel
  • Kluis
Elektriese Toebehore
  • Yskas
  • Mikrogolfoond
Prys sluit in

Selfsorg.

Huisreëls

Kontak asb. die gasheer vir verdere inligting rakende rolstoelvriendelike geriewe.

Die balans is 7 dae voor die inklokdatum betaalbaar.

Gaste kan nie op Goeie Vrydag, Kersdag of Nuwejaarsdag inklok of uitklok nie.

KwaThula-Too is troeteldier-vriendelik en hef 'n eenmalige ekstra fooi van R200 per troeteldier.

Sleutel- en breekskadedeposito:
'n Sleutel- en breekskadedeposito is betaalbaar saam met die deposito vir die bespreking. Dit is terugbetaalbaar via bankoorplasing binne 5 tot 7 werksdae na die uitklokdatum, nadat die huis nagegaan is om te bevestig dat alles in orde is. Let asb. daarop dat die sleuteldeposito teruggehou sal word en ekstra fooie gehef sal word indien meer gaste as waarvoor bespreek is op die perseel aangetref word. Voorsien asb. jou bankbesonderhede met aankoms. Sleutels sal nie onder enige omstandighede oorhandig word as die sleutel- en breekskadedeposito nie ontvang is nie.

Minimum-verblyftydperk:
2 nagte gedurende die laag- en midseisoen.
3 nagte oor langnaweke.
4 nagte oor Paasnaweek.
7 nagte in hoogseisoen.

Gaste moet asb. eers by ons kantore kom inklok en hul sleutels kom afhaal.
Wanneer jy by Paternoster inry, draai jy links by die vierrigtingstopstraat. Die "Stay in Paternoster"-kantoor is omtrent 75 m verder aan die regterkant van die pad, by 87 St Augustine-straat, geleë.

Inkloktye:
Maandag tot Donderdag: Van 14:00 tot 17:00.
Vrydag: Van 14:00 tot 19:00. Let asb. daarop dat 'n heffing van R200 betaalbaar is, indien jy later inklok as dit tyd wat op die bepalings en voorwaardes aangedui is.
Saterdag en Sondag: Van 14:00 tot 16:00
Openbare vakansiedae: Van 14:00 tot 16:00

Uitkloktyd: Stiptelik teen 10:00 op die laaste dag van verblyf. Enige eenheid wat nie teen 10:00 ontruim word nie sal onderhewig wees aan 'n addisionele heffing van R200 per uur of gedeelte daarvan vir elke uur later as die uitkloktyd.

Kansellasiebeleid - Pasgemaak
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 85%van die deposito word terugbetaal
Meer as 2 weke voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Meer as 1 week voor die inkloktyd 20%van die deposito word terugbetaal
Minder as 1 week voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal
Vanaf
Vanaf R1 050
per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: St Augustine-weg 19, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDI3Mjk0YTRkLWY5MjEtNGVjYy04MjJlLTU0NzI5NThiZTM1ZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 050 per nag (plek vir 2) 10 5 1 5 19 St Augustine Road Paternoster 7381 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -32.809640635669 17.884882186508