Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kweekkraal Guest Farm

  • Kapasiteit: 34 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kweekkraal Guest Farm, N2, Riversdale, 6670, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R950 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Kweekkraal Guest Farm is 8,2 km wes van Riversdal aan die beginpunt van die Tuinroete geleë. Die plaas is in 'n bewarea geleë en die hoofhuis is 'n historiese gebou wat in 1880 gebou is.

Kweekkraal is 'n werkende skaap- en beesplaas. Hawer, lusern, kanola, graan en gars word ook hier verbou.
Ons bied verblyf in 9 eenhede wat onlangs as 'n liefdestaak deur die eienaars, Pieter en Sandra van Wyk, opgeknap en toegerus is. Daar is vyf tweeslaapkamer-kothuise met 'n uitsig oor die dam, bloekombome en die graanlande. Elke kothuis beskik oor 2 slaapkamers - een met 'n slaapkamer en een met 2 enkelbeddens -, 'n badkamer met 'n stort, 'n volledig toegeruste kombuis, 'n sitarea, eetarea en 'n stoep met braaigeriewe.

Drie van die eenslaapkamerkothuise is rondom die swembad en braaiplek gerangskik. Een kothuis het 'n dubbelbed en die ander twee het 2 enkelbeddens elk. Al 3 het volledig toegeruste kombuise en 'n en suite-badkamer met 'n stort (geen baddens).

Daar is ook 'n ongekunstelde klipkothuis met slaapplek vir 8 persone waar jou siel en sintuie kan herstel. Dié kothuis se ligte werk met sonkrag, water word deur middel van 'n gas-verhittingsisteem verhit, en gaste kan op gas of op die vuur kosmaak. Twee van die slaapkamers het dubbelbeddens en die ander twee het elkeen 2 enkelbeddens. Daar is 1 badkamer met 'n stort (geen bad) wat gedeel word deur al die kamers. Die volledig toegeruste oopplan-sitkamer/-kombuis spog met 'n groot binnenshuise kaggel/braaiplek. Sit lekker op die dek en verlustig jou in die mooi uitsig oor die dam en die omliggende inheemse bosse wat deurspek is met voëltjies. Geen lugversorging, TV of yskas nie.

Vir jou gerief voorsien ons: braaipakke (plaaslike gehalte-vleis) en toebroodjies vir die kole, vars slaaie (Grieks, Italiaans en ander tipes op versoek), hout en koeldrank.

Ons het konferensiegeriewe vir sowat 95 afgevaardigdes.

Doendinge:

* Staproetes
* Voëlkyk
* Swem/sonbaai/ontspan langs die swembad
* Baarshengel - vang-en-vrylaat

Kweekkraal is gerieflik geleë in 'n luisterryke omgewing en is ideaal vir gesinne en sakereisigers wat versot sal wees op die veilige, bekostigbare dog gerieflike plaasverblyf aan die voet van die Langeberge.

Vind rus en vrede in die buitelug!

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 35 resensies vir Kweekkraal Guest Farm
Netheid
4.9/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Kweekkraal Guest Farm, N2, Riversdale, 6670, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kweekkraal Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Tuinroete Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R950
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R950
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 34 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kweekkraal Guest Farm, N2, Riversdale, 6670, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGRlYjE1YTdjLTkzMDQtNGM2Ni04MTUxLTU5YmQ1NzFhMjJiOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag, vir 2 mense 35 5 1 5 Kweekkraal Guest Farm N2 6670 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -34.106810065831 21.15905099339