Kykmar
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Panorama-singel 12, Stilbaai-Oos, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R3 300 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Kykmar is in Stilbaai en bied gehalteverblyf vir 'n gesin of 'n groep vriende. Dit is naby verskeie winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.
Die huis beskik oor 5 slaapkamers met slaapplek vir 10 gaste in totaal. Daar is 3 slaapkamers met 'n dubbelbed elk en 2 slaapkamers met 2 enkelbeddens elk. Die huis het 3 badkamers waarvan 1 die hoofslaapkamer se en suite-badkamer is en 'n bad, stort, toilet en wasbak het. Die tweede, aparte badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Dan is daar aparte gastetoilette, 1 by die slaapkamers, 1 by die leefarea en 'n warmwaterstort buite.
BELANGRIK! Vir meer as 6 mense is die minimum verblyf 3 nagte en minder as 6 mense 2 nagte.
'n Breek deposito van R500 sal betaalbaar wees in kontant by aankoms en dit sal terugbetaal word in u rekening binne 7 dae na inspeksie.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus.
Die sitarea bied gemaklike rusbanke en 'n TV met DStv, asook 'n eetarea met genoeg sitplek.Die sitarea se deure vou oop op die grasperk en die mooi uitsig.
Daar is braaigeriewe en veilige parkeerplek op die perseel.
Slaapplek
’n Bespreking by Kykmar sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Televisie
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- Panorama-singel 12, Stilbaai-Oos, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Stilbaai-Oos Stilbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Panorama-singel 12, Stilbaai-Oos, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom