La Beach House

Voeg by Gunstelinge

 

Blits-aanbod! 30 % af

Kry 30% af vir verblyf voor 15 Maart 2019

TYD OOR OM TE BESPREEK

Dae

Ure

Min

Sek

Beskrywing

Blouberg Beach is 'n smaakvol versierde en moderne villa naby die hoofstrand in Bloubergstrand, 'n prentjiemooi buurt in Kaapstad met 'n pragtige uitsig op Tafelberg. Dis 25 km vanaf Kaapstad se middestad en die ideale basis waarvandaan jy die Kaap kan verken.

Die villa bied slaapplek aan 12 gaste en beskik oor 6 slaapkamers. Dit het ook pragtige see-uitsigte. Daar is 4 slaapkamers met koningingrootte-beddens. Die vyfde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die sesde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elke slaapkamer het toegang tot sy eie badkamer.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en die leefarea het 'n TV met DStv en gemaklike sitplek. Gaste het ook toegang tot gratis WiFi.

Die goue strand is ideaal vir watersport soos swem, visvang, seilplankry en vlieërplankry en daar is ander doendinge soos vierwielmotorfietsry, voetslaan, inkopies en eetplekke in die omgewing.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Grieks

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na La Beach House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 196 R837 per nag (vir 2 mense)

Kry 30% af vir verblyf voor 15 Maart 2019

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za