La Boheme B&B

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die skouspelagtige dorpie Klein Monaco is op die Tuinroete in Plettenbergbaai geleë. La Boheme B&B bied unieke verblyf in 'n privaat en vriendelike omgewing met 'n entoesiasties span wat inligting, brosjures met doendinge en 'n kaart van Plettenbergbaai aan gaste bied. Gaste ontvang ook 'n verwelkomingsdrankie wanneer hul inklok.

Die Gastehuis is een minuut se ry vanaf Plettenbergbaai se Hoofstraat en winkelsentrums, 200 meter van die bushalte af, 500 meter vanaf Medi Clinic-hospitaal, 1,2 km van die sentrale strand af, en 8 km vanaf Robberg Natuurreservaat-staproete.
Kaapstad Internasionale Lughawe is ongeveer 550 km ver, George Lughawe is ongeveer 100 km ver en Port Elizabeth Lughawe is ongeveer 250 km ver.

Die smaakvolle kamers is versier met olieverfskilderye en in 'n klassieke wit en blou strandhuisstyl. Daar is katoen-lakens. Die kamers het elkeen gratis toiletware, tee- en koffiemaakgeriewe, gratis mineraalwater, 'n yskassie, eetgerei, en 'n mikrogolf. Verdere geriewe in die kamer sluit 'n haardroër, universele-muurproppe, 'n spieëltafel, lessenaar, 'n platskerm-TV met DStv, en 'n en suite-badkamer in. Daar is kaste, 'n dakwaaier, staanwaaier, elektriese komberse en verhitting. 'n Bababedjie is op versoek beskikbaar.

Daar is 'n sondek by die "Deluxe"- en Standaardkamer met 'n gedeeltelike see- en berg-uitsig. Elke patio het braaigeriewe. Elke kamer het veilige parkeerplek op die perseel en daar is 'n afstandbeheerhek.

Die selfsorg-eenheid het 'n kombuis, eetkamertafel, rusbank, platskerm-TV met DStv, en 'n CD-speler. Die en suite-badkamer het 'n stort. Daar is 'n dubbelbed, en stapelbeddens vir twee kinders, 'n staanwaaier, en 'n bababedjie of kampkot kan voorsien word. Die eenheid het 'n privaat patio met braaigeriewe.

Die buitemure is versier met mosaïek, en daar is 'n swembad en 'n sierfonteintjie. Die Jacuzzi is slegs vir die Superieur-kamer. Kerse en vonkelwyn is op versoek beskikbaar.

Gratis strandsambrele en -handdoeke, en sonhoede is by ontvangs beskikbaar. WiFi is gratis, en elke eenheid het 'n kluis en 'n strykplek.

Daar is 'n gesellinge ontbyt-, eet- en sitkamer, en 'n biblioteek met Afrika-dekor en 'n kunsgallery. 'n Engelse-ontbyt met 'n verskeidenheid kaas, ongegeurde jogurt, ontbytgraan, verskillende soorte brood, vars vrugteslaai, 100% vrugtesap is beskikbaar. Daar is vars koffie en talle tipes tee.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Wynkelder
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  DVD-speler
  •  Kantoorgeriewe
  •  Televisie

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na La Boheme B&B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za