La Bri Self-Catering
Kry 30% af vir verblyf voor 12 Maart 2021
-
Voorkeurvennoot
- Kapasiteit: 16 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Barika-keeromstraat 6, Clarens, 9707, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 000R700 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
La Bri Self-catering is gerieflik geleë in die prentjiemooi dorpie, Clarens. Dit is die ideale wegbreekplek vir vakansiegangers en sakereisigers en 'n heerlike bestemming vir jou volgende vakansie.
Dit bestaan uit 4 luukse tweeslaapkamer sandsteen-eenhede, waarvan 1 eenheid 'n groter deluxe eenheid is. Al die kamers het skoon wit linne, handdoeke, ekstra komberse en muurverwarmers vir koue aande. Daar is ook 'n klein elektriese kluis vir waardevolle besittings. Die sitarea het 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Daar is 'n kaggel in elke eenheid en gaste kan op 'n koue wintersaand lekker gesellig sit en kuier met 'n glas wyn in die hand.
Elke eenheid het 'n lieflike onderdakstoep met 'n Weber-braai waar jy kan sit en ontspan en die wonderskone berg-uitsig bewonder. Elke eenheid het veilige onderdakparkeerplek vir 2 voertuie.
La Bri is 700 m van die woelige dorpsplein af waar jy verskeie goeie restaurante, winkels en galerye sal aantref, asook agentskappe wat doendinge vir adrenalienvrate reël.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Opsomming van Resensie
Ligging
- Barika-keeromstraat 6, Clarens, 9707, Vrystaat
- Gaste dink La Bri Self-Catering het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Clarens Drakensberge Vrystaat
- Kapasiteit: 16 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Barika-keeromstraat 6, Clarens, 9707, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom