La Corsica

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

La Corsica is langs 'n skilderagtige kuslaan wat gewild is onder stappers, drawwers en fietsryers. Dis net 1,5 km vanaf Uvongo Beach, 'n strand met haainette, lewensredders, 'n getypoel, roomyswinkel, restaurante en 'n gerestoureerde visvangpier. Die kompleks is in 'n pragtige tuin met 'n swembad en netjiese braai-areas met plaveisel en beligting.

Dié bekostigbare duplekswoonstel is op die eerste verdieping en bied 'n pragtige uitsig oor die tuin, swembad en see. Daar is 3 slaapkamers met slaapplek vir 6 gaste altesaam. 2 van die kamers het dubbelbeddens en die derde kamer het 2 enkelbeddens. Die eerste badkamer is bo en het 'n bad en aparte toilet. Die tweede badkamer is onder en het 'n stort.

Die kombuis het 'n wasmasjien, yskas, oond, stoof en mikrogolf. Die oopplan-sitkamer het 'n TV en eetarea. Skuifdeure bied toegang tot 'n groot balkon met 'n seildak wat kan ooptrek.

Die kompleks het afstandbeheerhekke en die woonstel het 1 onderdakparkeerplek. 'n Ekstra parkeerplek vir 'n sleepwa is ook beskikbaar. Linne word voorsien, maar gaste moet hul eie bad- en swemhanddoeke bring. 'n Daaglikse skoonmaakdiens is op versoek teen ekstra koste beskikbaar. Die woonstel word voor aankoms skoongemaak en van 'n beperkte hoeveelheid toiletpapier, badseep en skottelgoedseep voorsien.

'n OpenView HD-dekodeerder met beperkte satellietkanale is beskikbaar, of gaste kan hul eie DStv-dekodeerder en slimkaart bring, of dit huur. Explora-dekodeerders word egter nie ondersteun nie.

Slaapplek

'n Bespreking by La Corsica sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na La Corsica gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R870 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false