LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by La Crete Sands 1 | LekkeSlaap
+11

La Crete Sands 1

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beach Pad, , Margate, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R766 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

La Crete Sands 1 is 'n selfsorgwoonstel wat in 'n veilige kompleks in Uvongo, Margate geleë is. Dis ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf wat naby die strand en ander geriewe geleë is.

Die woonstel is smaakvol ingerig en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamer en 'n oopplan-leefarea. Die hoofslaapkamer beskik oor 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad terwyl die tweede en derde kamers elkeen 2 enkelbeddens het en 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet deel. Die kombuis is ten volle toegerus en beskik oor 'n yskas, 'n mikrogolfoond, 'n wasmasjien, 'n tuimeldroër en 'n skottelgoedwasser.

Die sitkamer het gemaklike rusbanke waarop gaste kan ontspan en daar is 'n TV met 'n DVD-speler en 'n volle DStv-pakket. Die skuifdeure in die leefarea bied toegang tot die patio met houtskool-braaigeriewe, 'n tafel met stoele en lieflike see-uitsigte om te bewonder.

Die kompleks het ook 'n gemeenskaplike swembad en daar is 2 motorhuise met parkeerplek vir 2 voertuie. La Crete Sands 1 is stapafstand van die strand, winkels, restaurante en ander geriewe af.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir La Crete Sands 1
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Beach Pad, , Margate, 4270, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink La Crete Sands 1 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R766
per nag (plek vir 6)
Vanaf R766
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beach Pad, , Margate, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGU3N2M5MGUzLTAyOTctNDE3ZS1hYTYzLTQ2YmU2MmU4NTc1Ng?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R766  per nag (plek vir 6) 1 5 1 5 Beach Road Uvongo 4270 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.833798705161 30.396336317026
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!