La Domain

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

La Domain bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n drieslaapkamer-eenheid in Manaba-strand. Dit is ideaal vir 'n gesinsvakansie by die see. Die eenheid bied onbelemmerde see-uitsigte vanaf die buite-patio en is gerieflik geleë ten opsigte van die strand en Margate.

Die eenheid het 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n leefarea en 'n kombuis. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en die tweede badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Daar is 'n TV en dubbelslaapbank in die leefarea. Gaste wat DStv wil kyk moet asseblief onthou om hul eie dekodeerder en slimkaart saam te bring. Die kombuis is volledig toegerus met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, yskas en skottelgoedwasser.

Die eenheid het 'n buite-patio met gasbraaigeriewe en see-uitsigte. Ekstra geriewe sluit in: plafonwaaiers, linne, 'n strykyster en strykplank, 'n verwarmer en badhanddoeke. Gaste het toegang tot veilige parkeerplek in 'n toesluit-dubbelmotorhuis. Na 'n lekker dag op die strand kan jy een van die vele restaurante of kafees in die omgewing besoek, of jy kan gaan inkopies doen by een van die nabye winkelsentrums.

Slaapplek

'n Bespreking by La Domain sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na La Domain gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false