Wellington Akkommodasie by La Folie Cottages | LekkeSlaap
+14

La Folie Cottages

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Olyvenbosch-weg, Wellington, 7655, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 600 per nag (vir 5 persone)

Beskrywing

Op 'n wyn- en olyfplaas van 30 hektaar aan die voet van die Hawequas-berge net 3 km van Wellington in die Kaapse Wynlande, staan La Folie Cottages. Dis 'n landelike, maar gemaklike en goed gemeubileerde selfsorgkothuis. Die kothuis het 'n privaat piekniekarea langs 'n stroompie.

La Folie River Cottage is 'n groot kothuis met 3 slaapkamers en 2 badkamers. Twee van die slaapkamers het dubbelbeddens en die derde slaapkamer het 3 enkelbeddens. Daar is nog 'n enkelbed in die sitarea vir groter groepe.

Daar is 'n groot oopplan-kombuis en -eetkamer met 'n kaggel en 'n aparte sitkamer met 'n TV en kaggel. Dié kothuis het sy eie piekniekplekkie langs die Spruitrivier.

Ons verskaf goeie gehalte bedlinne en genoeg warm komberse en handdoeke, toiletpapier, seep, skoonmaakgeriewe en wasmiddels, skottelgoedwasseep, koffie, tee, suiker, melk, 10 liter gefiltreerde drinkwater, sout en peper, vuurmaakhout en aanstekers, kerse, olielampe.

Die River Kothuis is is omhein en laat gaste toe om hulle viervoetige vriende saam te bring. Ons probeer om die impak van die selfsorgkothuis op die plaas se natuurlike omgewing te beperk, en daarom vra ons dat gaste bewus word van die voetspore wat hulle agterlaat. Ondersteun ons herwinningsinisiatief. Rook is ook verbode in die eenheid.

La Folie Cottages is 'n uitstekende basis vir gaste wat die wynplase en restaurante in die omliggende omgewing wil gaan verken. Die kothuis is ook naby heerlike voetslaan- en bergfietsryroetes. Gaste kan selfs op 'n perd deur die wingerde galop.

Slaapplek

’n Bespreking by La Folie Cottages sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 3 persone
3 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 24 resensies vir La Folie Cottages
Netheid
4.4/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.2/5

Ligging

  • Olyvenbosch-weg, Wellington, 7655, Wes-Kaap
  • Gaste dink La Folie Cottages het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 600
per nag (vir 5 persone)
Vanaf R1 600
per nag (vir 5 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Olyvenbosch-weg, Wellington, 7655, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDllOWQ0NGJkLTI5ZDUtNDIwYS1hMjg4LTVlMzM2OGRhOWMwNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 600  per nag (vir 5 persone) 24 5 1 5 Olyvenbosch Road Wellington 7655 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.672555123969 19.036989212036
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za