La Grande Vue

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

La Grande Vue bied selfsorgverblyf in ’n pragtige, luukse villa in die Kaapse voorstad Fresnaye. Die ligging bied asemrowende uitsigte oor Fresnaye en die Atlantiese Oseaan. Gaste kan heerlik in die son op die terras ontspan en oor die oseaan uitkyk, of in die swembad afkoel en op die sonstoele lê. Die veranda bied ook ’n prentjiemooi uitsig.

Die villa het 5 slaapkamers, 3 wat elk ’n dubbelbed het en 2 met 2 enkelbeddens elk. Die villa bied slaapplek aan 10 gaste. Elke slaapkamer het ’n en suite-badkamer en 4 van die slaapkamers beskik oor ’n balkon met ’n lieflike uitsig. Elke en suite-badkamer het ’n alleenstaande stort en verhitte handdoekreling.

Daar is ’n kombuis wat volledig toegerus is met ’n skottelgoedwasser, espresso-masjien, ysmaker, asook ’n wynkelder, formele eetarea met sitplek vir 10, lugversorging in elke kamer, verhitting, ’n klankstelsel, TV, kaggel, oefenkamer, kantoor, WiFi, ’n wasmasjien, tuimeldroër, strykyster en -plank, ’n sekuriteitstelsel en 24 uur-gewapende reaksie. Gaste het toegang tot parkeerplek, ’n motorhuis, skoonmaakdienste, ’n sjef en lughawependeldienste. ’n Verwelkomingsmandjie word oor voorsien. Basiese voorraad, doendinge, uitstappies en ’n butler-diens kan op versoek gereël word.

Die ligging bied toegang tot Kaapstad se middestad, Tafelberg Nasionale Park, V&A Waterfront, Leeukop, Kampsbaai en Clifton se strande en Kaapstad Internasionale Lughawe.

Slaapplek

'n Bespreking by La Grande Vue sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Strykyster
  •  Oond

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Wynkelder
  •  Gimnasium
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na La Grande Vue gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R20 000 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za