La Luna Guest House
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Smuts-straat 12, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
La Luna Guest House is 'n wit houthuis aan die seekant wat binne met natuurlike hout versier is en buite 'n pragtige grasperk het. Dis langs die Klipgat-roete en deel van die Walkerbaai Natuurreservaat in De Kelders, Gansbaai.
Dié dubbelverdiepinghuis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en skuifdeure wat direkte toegang bied tot 'n stoep. Die tweede slaapkamer op die tweede verdieping het 2 enkelbeddens wat ook in 'n koninggrootte-bed omskep kan word, lugversorging en 'n plafonwaaier. Die derde slaapkamer beskik oor 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word, muskietnette en 'n plafonwaaier. Dié kamer het ook skuifdeure wat direkte toegang bied tot die stoep. Dié kamer kan via die stoep of die eerste kamer bereik word. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n toilet, stort, wasbak en 'n hangkas.
Op die onderste verdieping is daar 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg. Die sitkamer het hoë plafonne, gemaklike rusbanke en 'n slim-TV (55'') met DStv Premium. Gratis WiFi is in die hele huis beskikbaar. Die leefarea beskik oor skuifdeure wat lei na 'n groot balkon met asemrowende uitsigte.
Die huis het 'n groot erf aan die seekant, 'n houtdek met 'n piekniek-tafel. Daar is ook 'n buite-stort met warm water waar gaste die ergste seesand kan afspoel. Die huis word daagliks skoongemaak. Ontbyt is op aanvraag en teen ekstra kostes beskikbaar.
Hiér kan gaste kom walviskyk en die huis is net 10 minute se stap vanaf die ongerepte Plaat-strand.
Slaapplek
’n Bespreking by La Luna Guest House sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Engels
- Xhosa
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.5/5
Thelma Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 49
Jaar gelys 6
Ligging
- Smuts-straat 12, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
- Gaste dink La Luna Guest House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in De Kelders Gansbaai Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Smuts-straat 12, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom