We are bilingual! Pick your language: Ons is tweetalig! Kies jou voorkeurtaal:
 by La Maison Bleue | LekkeSlaap
+101

La Maison Bleue

Gastehuis

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir La Maison Bleue
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5
Driaan V - Aug 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Driaan V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ons is hartlik ontvang by 'n lieflike huis in 'n pragtige omgewing!

Ons beveel graag La Maison Bleue aan vir enigiemand wat wil wegbreek vir 'n naweek of vakansie. 'n Naweek is eintlik nie lank genoeg nie - 'n mens wil teen Sondag nog glad nie die plek (huis of omgewing) groet nie. Die huis is baie goed ingerig met alles wat 'n mens nodig het en selfs nog meer. Daarby is die gasvrou en gasheer warm en vriendelike mense wat jou onmiddellik tuis laat voel. Hier skakel 'n mens behoorlik af. Die uitsig oor Shark Bay is wonderlik en die natuur rondom die huis is ongerep. Daar is verskeie voëlsoorte wat voor die huis in die bome en bossies baljaar. Soms kom loer 'n steenbokkie ook in by die voëls se waterbak voor die huis. Jy kan nie verkeerd gaan om La Maison Bleue as jou wegbreek-bestemming te kies nie!

La Maison Bleue se terugvoer

Liewe Driaan & Lehandi, jul 2 wonderlike mense was ons heel 1e gaste by La Maison Bleue & sal altyd diep in ons harte wees! Die 2 huishoudsters het dadelik kom vertel hoe perfek & skoon jul alles gelaat het - baie dankie daarvoor! Jul 2 is beslis 'n groot aanwins vir die Moorreesburg gemeenskap & Hoërskool Dirkie Uys se skoolhoof & leerlinge kan trots wees op 2 sulke staatmaker onnies!

La Maison Bleue
Vanaf
R3 500
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R3 500
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Melkbossingel 19, Myburgh Park, Langebaa, 7357, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 10
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc198ecd6857d86b0ae94db8f1b881a698403530e6a5726df7e505da1b56c2a438a7cce634e351ff8b27052b3aab00fc45951?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 500  per nag (plek vir 2) 1 5 1 5 19 Melkbos Close Myburgh Park 7357 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-20:00 11:00 -33.1073444 18.0442071
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!

Stem vir ons in die World Travel Awards!

stem
stem