Rexford Akkommodasie by La Maison Verte | LekkeSlaap
+23

La Maison Verte

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 10 Duthie Rylaan, , Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 990 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

La Maison Verte is in 'n stil woonbuurt van Knysna genaamd Rexford op die wêreldbekende Tuinroete geleë. Dit is net 'n paar minute van die Knysna-strandmeer, Knysna Koppe, middedorp en die Pezula en Knysna Gholfbane af.

La Maison Verte is 'n pragtige, ekovriendelike kothuis met slaapplek vir tot 4 gaste in 2 en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer is op die eerste verdieping en het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word, 'n groot instapkas, spieëltafel en elektriese verwarmers. Dubbeldeure lei van die slaapkamer na 'n privaat dek met skouspelagtige uitsigte oor die Knysna-strandmeer, gholfbaan, dorp en die Outeniekwaberge in die agtergrond. Die en suite-badkamer het 'n stort, aparte toilet, oorgenoeg pakplek onder die wasbak en verhitte handdoekrelings.

Die tweede slaapkamer is op die grondverdieping en het 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens, 'n spieëltafel, elektriese verwarmers en 'n plafonwaaier, en 'n ruim en suite-badkamer met 'n instapstort. 'n Wasmasjien is beskikbaar in die badkamer.

Die ingangsportaal lei na 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die goed toegeruste kombuis het 'n gasstoofplaat, elektriese oond, groot yskas-vrieskas, verskeie klein toebehore, oorgenoeg pakplek en 'n eetkamertafel. Die sitarea het 'n houtverbrandingstofie, 32'' platskerm-TV met DStv-kanale, DVD-speler, iPod-koppelstasie en deure wat na 'n pragtige dek en braai-area lei waar gaste lekker buite kan eet en ontspan.

Die huis het baie ekovriendelike funksies wat 'n sonkrag-warmwatersilinder en 'n reënwater-stoortenk insluit. Slegs bio-afbreekbare produkte word gebruik vir skoonmaak. 'n Skoonmaakdiens is beskikbaar op 'n Dinsdag en Donderdag. Addisionele diens is beskikbaar op versoek teen 'n addisionele koste.

Kenmerke

Swembad

Geriewe

  • Swembad
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir La Maison Verte
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • 10 Duthie Rylaan, , Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Gaste dink La Maison Verte het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 990
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 990
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 10 Duthie Rylaan, , Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDBlYzcwMmZlLTVlOTMtNDliZS1iYzYyLTJiOTBhNGUyNTgwNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 990  per nag (plek vir 4) 1 5 1 5 10 Duthie Drive Rexford 6570 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-18:00 10:00 -34.0637 23.078
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za