La Musica Gaste-Eenheid

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

La Musica Gaste-Eenheid is in Kenridge, Durbanville in Kaapstad se Noordelike Voorstede geleë.

Hierdie eenheid was destyds 'n musiekateljee wat in 'n woonstel omskep is. Die woonstel het 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet. Daar is ook 'n klerekas, 'n TV met die volledige DStv-pakket, 'n verwarmer en 2 gemaklike leunstoele. Linne en handdoeke word voorsien.

Daar is 'n oopplan-leefarea en die kombuisie beskik oor geriewe soos 'n yskassie, 'n drieplaatstoof met 'n oondjie, mikrogolfoond, breekware, eetgerei en 'n ontbyttafel met stoele.

Braaigeriewe is beskikbaar. Gaste kan gerus troeteldiere saambring.

Die eenheid is net 2 km vanaf Tygervallei Winkelsentrum en Willowbridge Mall af en die Durbanville-wynroete is net 3 km se ry daarvandaan.

Slaapplek

'n Bespreking by La Musica Gaste-Eenheid sluit in:

2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis

Konferensie geriewe

  •  Televisie

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na La Musica Gaste-Eenheid gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]