La Palma 25

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

La Palma 25 is 'n bekoorlike selfsorgwoonstel wat in 'n veilige gebou in Diaz-strand in Mosselbaai geleë is. Dit is perfek vir gaste wat op soek is na gerieflike akkommodasie wat steeds naby aan verskeie doendinge is.

Die woonstel is op die boonste verdieping geleë, dit beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers en dis ten volle gemeubileer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die res van die kamers beskik oor 2 enkelbeddens en 'n stapelbed. Die kombuis is ten volle toegerus en beskik oor geriewe soos 'n yskas, 'n mikrogolfoond, 'n oond met stoof, 'n skottelgoedwasser, 'n tuimeldroër, 'n wasmasjien en oorgenoeg ingeboude kaste met breekware en eetgerei en ander toebehore.

Die oopplan-eetarea beskik oor 'n eetkamertafel en stoele. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met 'n DVD-speler en DStv-koppelpunt, so jy kan gerus jou eie slimkaart en dekodeerder saambring. Die sitarea lei na 'n balkon met braaigeriewe en lieflike see-uitsigte op 'n afstand.

Veilige parkeerplek is beskikbaar vir 1 motor. La Palma 25 is naby aan die strand en net 'n paar minute se ry van verskeie besienswaardighede, winkels en restaurante af.

Slaapplek

'n Bespreking by La Palma 25 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
3 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na La Palma 25 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 550 per nag (plek vir 7)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za