Voorbaai Akkommodasie by La Palma Villa 42 | LekkeSlaap
+7

La Palma Villa 42

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beach Boulevard, Diaz, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 610 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

La Palma Villa 42 is in 'n veilige gebou in Diaz-strand, Mosselbaai geleë. Dis perfek vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf naby verskeie doendinge.

Dié woonstel is op die boonste verdieping en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en is volledig ingerig. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, die tweede slaapkamer het ook 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas, mikrogolf, stoof, oond, skottelgoedwasser, wasmasjien en oorgenoeg ingeboude kaste met eetgerei, breekware en ander toebehore.

Die oopplan-eetarea het 'n etenstafel met stoele en die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Die sitarea lei na 'n balkon met braaigeriewe en lieflike see-uitsigte in die verte.

Daar is veilige parkeerplek is 1 voertuig. La Palma Villa 42 is naby die strand en net 'n paar minute se ry vanaf verskeie trekpleisters, winkels en restaurante.

Slaapplek

’n Bespreking by La Palma Villa 42 sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer
Plek vir 4 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express

Ligging

  • Beach Boulevard, Diaz, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 610
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 610
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beach Boulevard, Diaz, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAARV8MJVFT7P5Sjshkgg6vX4fyPrGf6eljlg1YBqpQ6ioKwBdZoj?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 610  per nag (plek vir 6) Beach Boulevard Diaz 6500 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.1594193 22.1091247
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za