La Paradis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

La Paradis is 'n drieverdiepinghuis met 3 slaapkamers in Fresnaye. Hierdie pragtige, boetiek-styl huis is losstaande, goed ingerig en bied rus vir jou siel en privaatheid in 'n baie huislike omgewing. Dit is stapafstand van die bekende promenade by Seepunt af met al sy winkels, restaurante, Kampsbaai en die V&A Waterfront net 'n klein entjie se ry weg.

Le Paradis bied ruim akkommodasie op twee vloere met luisterryke uitsigte van die slaapkamers en die boonste balkon af. Op die boonstevloer is daar 2 slaapkamers elk met lugversorging. Die eerste kamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Daar is 2 aparte badkamers op die boonstevloer waarvan een 'n stort en die die ander een 'n bad het.

Op die onderste vloer is daar 'n slaapkamer met 2 enkelbeddens en 'n badkamer met 'n stort. Dié kamer lei na die swembadarea. Daar is ook 'n gastetoilet, 'n oopplan-sitkamer/eetkamer wat lei na 'n terras van hout met 'n swembad en 'n klein tuin. Daar is gemakstoele by die swembad waarop jy lekker kan ontspan. Die kombuis is goed toegerus en het 'n uitsig oor Leeukop en die ruim TV-kamer/leefarea het 'n groot slim-TV met 'n platskerm. Hierdie kamer lei na 'n al fresco-binnehof met 'n fontein, buitemeubels en 'n gasbraaier.

Die oop trappe en onbedekte swembad maak dit belangrik om te alle tye 'n ogie oor die kinders te hou.

La Paradis word van Maandag tot Vrydag skoongemaak. Onbeperkte WiFi is beskikbaar. Daar is 'n motorhuis wat direk na die huis lei en 'n sekuriteitswag is 24 uur per dag aan diens reg buite die perseel.

Slaapplek

'n Bespreking by La Paradis sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard

Dienste

  •  Diens op aanvraag
  •  Koordlose Internet

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na La Paradis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R10 250 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za