Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

La-Peng Guest House

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 14 Lotus, , La-Mercy, 4399, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

La-Peng B&B aan die Dolfynkus, noord van Durban, bied elegante kamers wat oor die Indiese Oseaan uitkyk. Die eienaars is 'n lieflike paartjie met 'n passie vir die gasvryheidsbedryf.

Dorothy is 'n trotse Suid-Afrikaner met Zulu en Tswana bloed, is byna 12 tale magtig en is opgelei in binnenshuiseversiering en is boonop 'n bloemis. Sy verleen haar klas, styl en verwelkomende persoonlikheid aan die huis sodat almal gemaklik en rustig kan voel. Haar man, Alex, is 'n internasionale sjef vanuit Duitsland wat al voorheen vir beroemde en rojale gaste met gevorderde smaak bedien het.

Die pragtige huis spog met 'n tuin, gratis parkering, stylvolle kamers met hoë plafonne, gratis WiFi, lugversorging en 'n platskerm-TV met DStv kanale.

Die kamers het houtvloere en 'n terras of balkon met 'n 180º uitsig oor die see.

Die stoep in die voortuin en 4 van die kamers het 'n beeldskone uitsig oor die see. Gaste kan dalk ook 'n gelukkie tref en 'n walvis of twee in die water gewaar.

Al die kamers het 'n haardroër, koffie- en teemaakgeriewe en sy eie yskassie.

'n Kontinentale ontbyt word daagliks bedien. Gaste het ook braai geriewe en baie restaurante, kafees en winkels wat net 'n paar minute se ry weg is, om van te kies.

La-Peng is net 15 minute vanaf King Shaka Internasionale Lughawe en die Gateway Theatre of Shopping. Sibaya Casino, uShaka Marine World, ICC Durban-arena en die Moses Mabhida stadion is slegs 20 minute se ry langs die beeldskone kus af.

Branderplankry, diepsee-hengel, dolfyn-kyk, gholf en vlieërbranderry is maar net van die aktiwiteite waarvan gaste kan kies. (Ongelukkig word die fasiliteite nie by die gastehuis aangebied nie. Jy kan gerus vir die vriendelike eienaars vra waar die beste aktiwiteite plaasvind.)

Diereliefhebbers kan vriende maak met 'n vriendelike kat.

La-Peng beteken "be at home" in Tswana. Ons bied 'n hartlike atmosfeer met 'n asemrowende uitsig. Kom voel tuis by die wonderlike gastehuis.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits
  • Zoeloe
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

3.8 uit 5van 19 resensies vir La-Peng Guest House
Netheid
3.9/5
Diens
4.2/5
Ligging
3.5/5
Veiligheid
3.8/5
Waarde vir geld
3.6/5

Ligging

  • 14 Lotus, , La-Mercy, 4399, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink La-Peng Guest House het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 14 Lotus, , La-Mercy, 4399, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf728d483b57ea94878a37063a987114ed2bae19a400cf847181479b4589219a131694c83fd0392eacf72af9f5f9b747f3577?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense 19 5 1 4 14 Lotus Desainangar 4399 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -29.614794809072 31.152999401093