La Playa B&B
Beskrywing
La Playa B&B bied voortreflike verblyf in die kusdorpie, die Strand, een van die Wes-Kaap se gewildste vakansiebestemmings.
Wil jy bietjie ontspan na 'n moeilike dag? Of net wegbreek van jou daaglikse roetine vir 'n dag of twee? Dan is La Playa B&B net die plek vir jou. Hier kan jy jou sakke afpak, jou skoene uitskop en luilekker ontspan. Herlaai jou batterye in een van ons stylvolle kamers, elk met sy eie en suite-badkamer vir jou gerief.
La Playa is skaars 80 m vanaf die swemstrand, mini-gholf, waterwurms, restaurante en kroeë teen die see. Dis die perfekte bestemming vir vlieërbranderry, branderplankry en visvang - om maar net 'n paar van die aktiwiteite te noem wat plaaslike inwoners en vakansiegangers hier geniet.
La Playa is 'n 3-ster-B&B wat 4 en suite-kamers bied. Al die kamers is smaakvol ingerig en toegerus met 'n TV met DStv, gratis WiFi, tee- en koffiemaakgeriewe. Ons verwelkom enige gas met ope arms, van besigheidsreisigers tot vakansiegangers.
Daar is veilige parkeerplek vir ons gaste agter outomatiese hekke.
Kenmerke
- Afrikaans
- Veilige Parkering
- Gratis WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Geriewe
- ADSL-lyn
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na La Playa B&B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |