Aliwal-Noord Akkommodasie by La Riviera Guesthouse | LekkeSlaap
+77

La Riviera Guesthouse

30 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Uitspanning Farm, N6, Aliwal-Noord, 9750, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 350 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Hierdie eksklusiewe gastehuis is geleë op die grens van die Oranjerivier, tussen die Vrystaat en die Oos-Kaap. La Riviera bied 'n lafenis vir die siel en danksy die verhewe uitsigte wat dit gaste bied, vars lug en stilte wat in die landgoed heers, sal jy hier heerlik rus.

Elk van die 8 kamers spog met unieke dekor met 'n tikke Provensale interieur wat sigbaar is, soos antieke spieëls en spieëlkaste. Die linne is van puik gehalte en sy en ander teksture is gebruik om perfek by die interieur te pas. Die interieur is 'n kombinasie van gehalte materiaal, eklektiese kunsvoorwerpe en oudhede. Buiten die pragtige kamers, word ontbyt in die opgeknapte stal voorgesit. Kom geniet 'n heerlike wyn en kaasbord terwyl die sonsondergang jou betower. La Riviera se weergalose persoonlike diens sal jou bederf en die beste diens is ons standaard.

Die ou perdestal is opgeknap en is nou 'n koffiewinkel, The Stables. Dit bedien die beste ontbyt in die geweste en is onder die bestuur van Izelle Troskie. Haar talent en kookvenuf sal jou nie teleurstel nie. Buiten vir die smullekker kos, is daar ook pragtige huis-goedjies om te koop in die winkel en sal selfs 'n groentjie laat ontaard in 'n bobaas-binnenshuisversierder. The Stables is 'n moet wanneer gaste ons pragtige dorp besoek.

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 30 resensies vir La Riviera Guesthouse
Netheid
4.8/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Uitspanning Farm, N6, Aliwal-Noord, 9750, Vrystaat
  • Gaste dink La Riviera Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Aliwal-Noord Vrystaat
Vanaf R1 350
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 350
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Uitspanning Farm, N6, Aliwal-Noord, 9750, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdCR5AvIm1WM8UX1AHPQ6mDglWM9eynfo0qYXBKXQVLLv20PZfs?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 350  per nag (vir 2 persone) 30 5 1 5 Uitspanning Farm N6 9750 Vrystaat 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.680667550772 26.705407134918
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za