Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

La Roca Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Van Wijk-straat 56, Nelspruit, 1200, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 765 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

La Roca, 'n top-instansie wat grens aan die Mbombela (Nelspruit) Natuurreservaat, bied luukse verblyf met 'n vriendelike en hartlike atmosfeer. Hier kan gaste onbelemmerde uitsigte oor die reservaat en veraf berge geniet, en dit is net 'n kort entjie se ry van die middestad af. La Roca is die ideale bestemming vir die oordeelkundige sakeman of vir 'n romantiese wegbreek vir 'n paartjie.

Die gastehuis is in 'n groot subtropiese tuin geleë, met 'n swembaddek wat wonderlike uitsigte bied. Dit is regtig 'n klein oase waar jy net heeltemal kan ontspan na 'n lang dag by die werk. Of jy kan die gastehuis gebruik as basis vanwaar jy die Krugerwildtuin en Panoramaroete kan verken. Die gastehuis kan ook dien as gerieflike oornagverblyf onderweg na Mosambiek en Swaziland.

Ontbyt word bedien in die oop grasdak-lapa, of op die swembaddek met panoramiese uitsigte oor die Natuurreservaat. Dit is waarlik 'n rustige en betowerende manier om jou dag te begin. Ons probeer om ons ontbyt 'n rapsie beter as die gewone spek en eiers te maak, en bedien elke oggend een van agt verskillende dog heerlike spesiale disse, tesame met 'n lekker verskeidenheid kouekos-buffet waar gaste hulself kan help. 'n Vegetariese ontbyt kan op versoek beskikbaar gestel word.

Ons swembaddek bied manjifieke uitsigte oor die natuurreservaat en berge waaragter die son saans inkruip. Dis 'n uitstekende plekkie om jou skoene uit te skop en te ontspan met 'n skemerkelkie in die hand. Ons het 'n yskassie vol voorraad in elke kamer, maar jy kan ook een van ons vriendelike personeellede vra om vir jou 'n drankie by die swembad te bring as jy eerder dit verkies. Swemhanddoeke en sonstoele word voorsien, en die swembad kan enige tyd van die dag of nag gebruik word, so jy kan of heerlik in die son baai, of saans die sterre vanuit die water bewonder.

Gaste is ook welkom om te gaan wandel in ons luisterryke subtropiese tuin vol enorme granietrotse. Ons het 'n bekoorlike area waar jy 'n houtvuur kan maak, en lekker kan braai in die tuin.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Nagportier
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 42 resensies vir La Roca Guest House
Netheid
4.6/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.5/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Marlea Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 42

Jaar gelys 14

Ligging

  • Van Wijk-straat 56, Nelspruit, 1200, Mpumalanga
  • Gaste dink La Roca Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 765
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 765
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Van Wijk-straat 56, Nelspruit, 1200, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDE4ZTBmNzhiLWQ0NGEtNGYxMi1hM2JjLWYyMGRkMjM0MDZjMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 765 per nag, vir 2 mense 42 5 1 5 56 Van Wijk Str Mbombela (Nelspruit) 1200 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.487047887408 30.98471224308
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem