La Rochelle West Coast Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

La Rochelle West Coast Cottage is 'n ongekunstelde, romantiese Victoriaanse kothuis in Yzerfontein, minder as 1 km vanaf die hawe en staproetes teen die kus en die hoofstrand. Die kusdorp is sowat 80 km van Kaapstad af en is gewild vir sy pragtige wit strande, pragtige sonsondergange, seisoenale velblomme, uitstekende visvanggeleenthede en asemrowende natuurskoon.

Die kothuis het slaapplek vir 3 gaste, 2 volwassenes en 1 kind. Dit beskik oor 'n solderslaapkamer, 'n oopplan-badkamer en 'n oopplankombuis en -leefarea. Die solderslaapkamer het 'n dubbelbed met 'n donsveerduvet, elektriese komberse en 'n dagbed. Daar is ook 'n stort en 'n aparte toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorggebruik en sluit 'n skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware in. Daar is ook 'n binnebraai-area. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en in die sitkamer is daar 'n gemaklike rusbank.

As gevolg van die groot vensters is die kothuis lekker sonnig is die winter. Franse deure bied toegang tot 'n dek aan 2 kante van die kothuis. Albei deure het Trellidor-hekke. Veilige parkeerplek is agter 'n omheinde area beskikbaar.

Daar is geen TV of WiFi beskikbaar nie en rook is verbode.

Slaapplek

'n Bespreking by La Rochelle West Coast Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 1 kind
1 x Kinderbank vir 1

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Kaggel
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na La Rochelle West Coast Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (plek vir 3)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za