La Vida Luka - Luxury Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

La Vida Luka is 'n luukse gastehuis in Lukasrand, 'n lieflike voorstad in die hartjie van Pretoria. Dit is gerieflik na aan verskeie plekke van belang soos die buitelandse ambassades, hospitale, sportparke, universiteite, ontspanningsgeriewe soos botaniese tuine, luukse winkelsentrums en restaurante.

Elke pragtig versierde kamer het gratis WiFi, 'n platskerm-TV met satelliet-kanale, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskassie, luukse dekor, donsige linne en 'n gemaklike koningingrootte-bed om 'n goeie nagrus te verseker. Elke privaat en suite-badkamer het 'n lekker groot stort en komplimentêre toiletware. Elke kamer het ook 'n privaat stoep met lieflike uitsigte oor die tuin en swembad.

Ontbyt en geurige koffie word elke oggend vars voorberei en in die eetarea op die boonste vloer bedien. Hier kan gaste die skilderagtige uitsigte oor die luisterryke tuin en prentjiemooi Pretoria geniet. Aandete en 'n middagetepakkie is ook beskikbaar.

Die gastehuis bied ook 'n swembad, ontbyt wat wat nieby die tarief ingesluit is nie, opsionele aandete, veilige en gratis parkeerplek en opsionele was- en strykdiens en lughawependeldiens.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Kantoorgeriewe
  •  Internet
  •  Televisie

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na La Vida Luka - Luxury Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za