Franskraal Akkommodasie by Laatlam | LekkeSlaap
+10

Laatlam

  • Kapasiteit: 11 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seaview-rylaan 93, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 600 per nag (plek vir 11)

Beskrywing

Laatlam is 'n ruim, luukse dubbelvolume-vakansiehuis voor teen die see met 'n panoramiese uitsig oor die Atlantiese Oseaan. Dié huis is in Franskraal, 5 minute se ry vanaf Gansbaai en Kleinbaai, en 45 minute vanaf Hermanus. Franskraal is bekend vir die besigtiging van die noordkapperwalvisse en witdoodshaaie.

Laatlam het slaapplek vir 11 persone in 4 slaapkamers. 3 van die kamers het direkte see-uitsigte en 1 is 'n sonnige kamer wat noord front. 2 kamers het en-suite badkamers terwyl die ander 2 kamers 'n badkamer deel. Die huis is volledig toegerus met 'n skottelgoedwasser, tuimeldroër, wasmasjien, 2 yskaste, 1 losstaande kisvrieskas en 'n mikrogolfoond. Die 2 leefareas het gerieflike rusbanke. Daar is 'n binnebraai. 'n Ruim, oop balkon op die boonste verdieping het 'n bank met sitplek vir 10 en bied 'n pragtige uitsig oor die see. 'n Speelarea op grondvlak bied 'n pooltafel-en-tafeltennisopsie. Verder is daar 'n afstandbeheerde dubbelmotorhuis, 24 uur-gewapende reaksie, 2 TV's met volledige DStv, beddegoed en handdoeke.

Doendinge sluit fietsry, stap teen see, visvang, rolbal, gholf, swem, haaihokduik en walviskyk in.

Slaapplek

’n Bespreking by Laatlam sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 3 persone
3 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 4 persone
4 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 21 resensies vir Laatlam
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Seaview-rylaan 93, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink Laatlam het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 600
per nag (plek vir 11)
Vanaf R2 600
per nag (plek vir 11)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seaview-rylaan 93, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDE5ZGNkYTRlLTY4OGMtNDAyNC1hZTIxLWJlYjdjNTljYmJjZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 600  per nag (plek vir 11) 21 5 1 5 93 Seaview Drive Franskraal 7220 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -34.611401 19.386437
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za