Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

L'Abondant Vinge Stone Cottages

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Schikfontein V6-C15, Heidelberg, 1438, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 300 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

L'Abondant Vinge Stone Cottages is bekoorlike, ongekunstelde kothuise op die oewer van die Suikerbosrivier. Dié kothuis is sowat 'n uur se ry van Pretoria af en net 18 km vanaf Heidelberg, wat dit ideaal maak vir 'n rustige wegbreeknaweek. Verblyf word in 2 klipkothuise gebied wat elk slaapplek vir 4 gaste het.

L'Abondant Vinge Stone Cottage 1 maak gebruik van gas én beperkte elektrisiteit. Lampe en kerse sorg vir lig. Daar is 'n dubbelbed op die onderste vloer en 2 enkelbeddens in die kamer op die tussenvloer. Die badkamer het 'n gaswarmwatersilinder en net 'n stort. Die oopplan-kombuis en leefarea is op die onderste verdieping. Die kombuisie is toegerus met 'n elektriese yskas, 2 gasplate, 'n ketel, breekware en eetgerei. Buite is daar 'n stoep met 'n ingeboude braai, buitemeubels en 'n uitsig oor die rivier.

L'Abondant Vinge Stone Cottage 2 is toegerus met 'n koningingrootte-bed en 'n solder met 2 enkelbeddens. Dié kothuis het 'n oopplan-leefarea en -kombuis met 'n tweeplaat-gasstoof en 'n yskassie. Buite is daar 'n stoep met braaigeriewe.

Piekniekmandjies en heerlike tuisgemaakte etes kan op versoek gereël word.

Daar is tientalle doendinge in die omgewing soos kunsvlieghengel, roei, stap en bergfietsry. Gaste kan ook net lekker ontspan in die rustige atmosfeer en luister na die gesang van al die voëlspesies wat hier voorkom. Die kothuis staan op 'n organiese plaas, so organiese produkte is natuurlik beskikbaar. Die plaas produseer organiese vrugte en groente, vleis, rou heuning, rou melk, kaas en jogurt.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Piekniek-middagete
  • Etes Op Versoek

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 12 resensies vir L'Abondant Vinge Stone Cottages
Netheid
4.3/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.1/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Johan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 12

Jaar gelys 8

Ligging

  • Schikfontein V6-C15, Heidelberg, 1438, Gauteng
  • Gaste dink L'Abondant Vinge Stone Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Gauteng
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Schikfontein V6-C15, Heidelberg, 1438, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDBlNWM5YTAzLTRmYzUtNDY5YS04ODU1LWVlOGE0ZjE3OGYzNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag (plek vir 4) 12 5 1 5 Schikfontein V6-C15 18 km from Heidelberg 1438 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.604164618376 28.251138925552
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem