Labori Self-catering

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Labori Self-catering is 'n gerieflik gemeubileerde woonstel vir 6 gaste in Ballito.

Die woonstel beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers met baddens of storte. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die ander 2 slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens.

Die kombuis is vir selfsorg toegerus en sluit 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en koffie- en teemaakgeriewe in. Maaltye kan by die etenstafel geniet word.

Die sitarea het 'n TV met plaaslike kanale. Gaste moet asb. hulle eie dekodeerder, afstandbeheer en slimkaart saambring as hulle DStv wil kyk. Die leefarea lei na 'n stoep.

'n Omheinde, gemeenskaplike swembad en braaigeriewe is in die kompleks beskikbaar.

Die kompleks lei na die strand se promenade met maklike toegang tot restaurante, 'n kruidenierswinkel en nagklubs in die omgewing. Ballito spog met ongerepte strande, warm water vir branderry, branderplankry, swem, duik, visvang en meer. Besienswaardighede in die omgewing sluit die King Shaka Erfenisroete, Crocodile Creek, die Ballito Leefstylsentrum en verskeie restaurante en winkelsentrums in.

Slaapplek

'n Bespreking by Labori Self-catering sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Labori Self-catering gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 250 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za