LaCotte River Chalets
- Kapasiteit: 14 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs Phalaborwa-Giyani, Miami-plaas, Letsitele, 0885, Limpopo
- Geen kinders onder 18
- Vanaf R800 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
LaCotte Riverside Chalets is op die oewer van die Groot-Letabarivier. Dis 'n versteekte juweel in idilliese tuine met natuurlike bosveld en bied gaste 'n ontspannende wegbreek.
Gaste kan kies tussen 3 chalets en 'n selfsorg-chalet wat elk slaapplek vir 2 tot 4 volwassenes bied.
Die chalets het dubbelbeddens of 2 enkelbeddens, Elke chalet het 'n privaat badkamer met 'n stort en 'n toilet. Die chalets is met yskassies en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus en lei na 'n balkon met 'n rivieruitsig.
Die selfsorg-chalet beskik oor 2 slaapkamers en elkeen het sy eie badkamer. Daar is ook 'n oopplan-kombuis en -sitarea.
Die lodge bied 'n swembad in die weelderige tuine en veilige parkeerplek is beskikbaar. Gaste kan 'n drankie by die gelisensieerde kroeg met 'n veerpyltjiebord geniet, en daar is 'n pooltafel, 'n TV met DStv en lugversorging. Die tariewe sluit ontbyt uit, maar ontbyt en ander maaltye kan wel vooraf gereël word.
Die omgewing is ideaal vir voëlkyk en gaste kan in die Hans Merensky-natuurreservaat fietsry of die Krugerwildtuin verken.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Braaiplek
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Langs Phalaborwa-Giyani, Miami-plaas, Letsitele, 0885, Limpopo
- Gaste dink LaCotte River Chalets het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 14 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs Phalaborwa-Giyani, Miami-plaas, Letsitele, 0885, Limpopo
- Geen kinders onder 18