Lagieverf

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lagieverf is 'n selfsorghuis wat in Kusweg in Gansbaai geleë is. Dié huis bied ongelooflike uitsigte oor Walkerbaai en die Kleinrivierberge. Dit is teen die see geleë en dis net 'n kort entjie se stap van 'n getypoel af.

Dié huis beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers, en is ideaal vir 'n gesin van 7. Die oopplan-kombuis is volledig toegerus en beskik ook oor 'n wasmasjien en tuimeldroër. Die eetarea het 'n etenstafel met 10 stoele, asook 'n TV met DStv en 'n DVD-speler. Die sit- en eetarea lei na 'n houtdek-area met 'n swembad en dekstoele. linne en handdoeke word voorsien.

Geriewe op die perseel sluit 'n braai en omheinde tuin in wat ook veilige parkeerplek bied.

Gansbaai is veral bekend as 'n plek vir haaihokduik. Die Gansbaai Village Centre het heelwat winkels en restaurante waar gaste maaltye kan geniet. Daar is pragtige strande, staproetes en gholfbane in die omgewing.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lagieverf gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 300 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za