Lagoon Beach 219

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 5 Des 2019.

Beskrywing

Lagoon Beach 219 is in Milnerton in Kaapstad geleë. Lagoon Beach 219 bied selfsorgverblyf en het slaapplek vir 4 gaste. Die strand is stapafstand van die eenheid af en verskeie sakegeriewe en besienswaardighede is nabygeleë.

Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Daar is 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad en die gastebadkamer het 'n stort.

Dit is 'n oopplan-eenheid en die kombuis lei na die eet- en leefarea. Die kombuis is volledig toegerus met 'n mikrogolfoond, oond, broodrooster, ketel, koffiemasjien, yskas, wasmasjien en 'n strykyster en -plank. Die eetarea het 'n tafel met sitplek vir 6 en die leefarea het 'n platskerm-TV met DStv en WiFi. Die leefarea lei na 'n ruim balkon met stoepmeubels, 'n gasbraai en 'n see-uitsig.

Parkeerplek is beskikbaar en die woonstel kan via trappe of die hysbak bereik word. Daar is ook 'n gemeenskaplike swembad.

Lagoon Beach bied ook die Camelot Spa. Gaste kan die spa direk kontak oor navrae rakende tariewe en besprekings.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lagoon Beach 219 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 804 R1 624 per nag (plek vir 4)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 5 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za