Freeland park Akkommodasie by Lagoon Lodge | LekkeSlaap
+10

Lagoon Lodge

3 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lagoon-rylaan 24, Freeland Park, Freeland Park, 4180, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 700 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Lagoon Lodge is 'n selfsorgwoonstel in Freeland Park in Scottburgh, op die oewer van die Amahlongwa-rivier wat oor die Indiese Oseaan uitkyk. Dié lodge is sowat 1,5 km van Scottburgh se sakekern en die strandfront af. Elke uitsig wat hierdie woonstel bied is skilderagtig en sluit onder meer ook die Groenpunt-ligtoring in.

Die woonstel bied slaapplek vir 4 gaste en bestaan uit 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-stort met 'n toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-stort met 'n toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, ander klein toebehore en 'n ontbytkroeg met stoele. Die gemaklike sitkamer het 'n platskerm-TV met DStv. Die leefarea lei na 'n ruim en beskutte stoep met buitemeubels en gasbraaigeriewe.

Die woonstel is baie veilig en bied 1 parkeerplek langs die ingang.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 3 resensies vir Lagoon Lodge
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Lagoon-rylaan 24, Freeland Park, Freeland Park, 4180, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Lagoon Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 700
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 700
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lagoon-rylaan 24, Freeland Park, Freeland Park, 4180, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQ5ZDA4ODljLWNhZjEtNDU5Yy04MDlhLTFhNmFlMTE4MzY1Nw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 700  per nag (plek vir 4) 3 5 1 5 24 Lagoon Drive Freeland Park 4180 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.268107682802 30.76061118102
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za