Lagoon View on Inchara Drive

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lagoon View on Inchara Drive bied selfsorg-verblyf in Morgansbaai met die ideale ligging net 700 m van Morgansbaai se bekende strand af.

Lagoon View 1 en 2 is 2 eenhede wat vas aan mekaar is, maar as aparte eenhede bespreek word. Die woonstelle het albei slaapplek vir tot 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamers het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Daar is 2 enkelbeddens in die tweede kamer. Elke leefarea het ook 2 enkelbeddens. Die hoofbadkamer in elke eenheid het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n wasmasjien, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, breekware en eetgerei. Die sitareas het elk 'n platskerm-TV met alle DStv-kanale. Die leefareas lei elkeen na 'n aparte onderdak-veranda met 'n uitsig oor die strandmeer en ingeboude braaigeriewe. Daar is ’n eetkamertafel met sitplek vir 6.

Dié strandvakansiedorpie is 80 km van Oos-Londen af en het 'n lang strand, veilige strandmeer en skilderagtige kranse.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lagoon View On Inchara Drive gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za