LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Lagoon's Edge | LekkeSlaap
+34

Lagoon's Edge

  • Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pelikaanstraat 3, Uilenkraalsmond, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R855 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Lagoon's Edge is 'n losstaande selfsorg-chalet in die gewilde vakansie-oord Uilenkraalsmond. Die chalet bied slaapplek aan 4 gaste en dis net meters van die water af. Die strandmeer is veilig vir kinders om te swem en die verblyf is ideaal vir gesinne met kinders.

Dié kothuis beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed, en daar is 'n addisionele enkelbed in die leefarea. Beddegoed en badhanddoeke word voorsien. Gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke, braairoosters en hout saambring.

Die ongekunstelde kombuis is goed toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, oondjie, ketel, 'n broodrooster, eetgerei en breekware. Daar is 'n etenstafel met sitplek vir 4 en 'n tafel en stoele buite. Die leefarea lei na 'n beskutte houtstoep met 'n outydse halfdrom wat vir vuurmaak gebruik kan word. Gaste moet asb. hul eie braairooster en byl saambring. Parkeerplek is vir 2 voertuie voor en langs die kothuis beskikbaar. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Die oord het baie doendinge vir kinders, soos mini-gholf en 'n waterwurm, en go-carts kan gehuur word. Die ure hiervoor verskil en kan nie verseker word nie. Die oord is uitstekend vir fietsry, die strandmeer is veilige vir swem, en die strand is lekker skoon om net lekker agteroor te sit. Daar is ’n versameling van DVD's vir die kouer dae. Die oord het ook 'n buurtwag en 24 uur-sekuriteit.

Slaapplek

’n Bespreking by Lagoon's Edge sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 3 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kroeg
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 11 resensies vir Lagoon's Edge
Netheid
4.5/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Pelikaanstraat 3, Uilenkraalsmond, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink Lagoon's Edge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R855
per nag (plek vir 4)
Vanaf R855
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pelikaanstraat 3, Uilenkraalsmond, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAABPb69QgEt1C4mnRUJq9phVSlxJbpbzjVScPy6uO28XpL7OHCFr?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R855  per nag (plek vir 4) 11 5 1 5 3 Pelikaan Street Uilenkraalsmond 7220 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.604483225566 19.412126169867
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!