Laguna La Crete 102

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Laguna La Crete 102 is in 'n gesinsvriendelike vakansie-oord teen Uvongo se gewilde strand. Die oord het 2 swembaddens en bied direkte toegang tot die strand.

Die woonstel het slaapplek vir 6 mense en bestaan uit 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, leefarea en 'n veranda. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en toilet, en 'n deur na die veranda met sy uitsig oor die branders. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 2 enkelbeddens in die derde slaapkamer. Dié twee kamers deel 'n badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet, en is toegerus met draagbare waaiers.

Die selfsorgkombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, oond, stoof, ysmasjien, mikrogolf, skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Eetgerei, breekware en elektriese toebehore word voorsien. Die leefarea het 'n gerieflike, moderne sitkamerstel en 'n platskerm-TV met 'n DVD-speler, en skuifdeure na die veranda. Laasgenoemde het 'n patio-stel en 'n gasbraaier. Elke eenheid het 1 motorafdak en 1 besoekersparkeerplek.

Laguna La Crete is omhein en word 24 uur per dag deur sekuriteitswagte bewaak.

Slaapplek

'n Bespreking by Laguna La Crete 102 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 6 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed
2 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Laguna La Crete 102 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R940 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false