Laguna La Crete 103

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 20 % af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 2 Mei 2019 tot 12 Des 2019.

Beskrywing

Laguna La Crete 103 is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Beacon Rocks, Uvongo. Dié kompleks is naby die hoofstrand en ander doendinge in die omgewing.

Dié woonstel is op die grondvloer en het slaapplek vir 4 volwassenes en 4 kinders. Daar is 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 stapelbeddens met slaapplek vir 4 kinders. Hierdie twee kamers deel 'n badkamer met 'n stort.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolf, oond en stoof. Die sitkamer het 'n TV met 'n DStv-koppelpunt en gaste kan hul eie dekodeerder, slimkaart en kabels saambring. Daar is nie 'n koppelpunt vir Explora-dekodeerders nie.

Die leefarea lei na 'n balkon met braaigeriewe. Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad, braaigeriewe, klubhuis, tennisbaan en veilige onderdakparkeerplek.

Dié kompleks is 6 km vanaf die Hibiscus Mall, Margate se hoofstrand, Shelly Centre, restaurante en slegs 'n skilderagtige rit van ander geriewe in hierdie deel van die Suidkus.

Slaapplek

'n Bespreking by Laguna La Crete 103 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 4 persone
2 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Laguna La Crete 103 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R968 R774 per nag (plek vir 8)

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 2 Mei 2019 tot 12 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]lekkeslaap.co.za