Laguna La Crete 106

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Laguna La Crete 106 is in 'n gesinsvriendelike vakansieoord teen die strandfront in Uvongo. Die kompleks bied direkte toegang tot die strand en daar is 'n swembad en tennisbaan in die kompleks.

Die woonstel het slaapplek vir 6 gaste en daar is 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 'n plafonwaaier, en daar is 'n deur wat na die stoep lei met 'n lieflike see-uitsig. Die en suite-badkamer het 'n bad, toilet en wasbak. Die tweede en derde slaapkamer het 2 enkelbeddens elk. Altwee slaapkamers het 'n plafonwaaier. Die tweede badkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n yskas-vrieskas, oond, stoof, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en elektriese kombuisware. Wasgeriewe sluit 'n wasmasjien en tuimeldroër in. Die gerieflike leefarea het 'n moderne en gemaklike sitkamerstel, 'n etenstafel met sitplek vir 6 en daar is ook 'n platskerm-TV met 'n DVD-speler. Die skuifdeure in die leefarea lei na die veranda met 'n patio-suite en 'n gasbraai.

Elke eenheid het 1 onderdakparkeerplek en 'n besoekersparkeerplek agter 'n hek en 'n veilige ingang met 'n sekuriteitswag wat 24 uur aan diens is. Die kompleks word 24 uur per dag deur wagte gepatrolleer.

Slaapplek

'n Bespreking by Laguna La Crete 106 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Laguna La Crete 106 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R940 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false