Laguna La Crete 125

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 8 Jul 2019 tot 19 Sep 2019.

Beskrywing

Laguna La Crete 125 is 'n selfsorgeenheid wat in 'n veilige kompleks in Beacon Rocks in Uvongo geleë is. Dié kompleks is naby Uvongo se swemstrand en ander besienswaardighede in die area.

Die eenheid is op die tweede vloer geleë en kan 4 gaste akkommodeer. Daar is 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n aparte badkamer met 'n bad, wasbak en toilet. Elke kamer het ook 'n plafonwaaier.

Die oopplan-kombuis het 'n yskas, mikrogolf, oond, stoof en 'n tuimeldroër. Die sitkamer het 'n TV met 'n DStv-koppelpunt en gaste kan hul eie DStv-dekodeerder, -slimkaart en -kabels saambring. Daar is nie 'n koppelpunt vir 'n Explora-dekodeerder nie.

Die leefarea lei na 'n balkon met 'n gasbraai. Die kompleks het ook 'n gemeenskaplike swembad, braaigeriewe, klubhuis, tennisbaan en veilige parkeerplek.

Die kompleks is slegs 6 km vanaf die Hibiscus Mall, Margate se hoofstrand, Shelly Centre, restaurante en ander besienswaardighede aan die suidkus.

Slaapplek

'n Bespreking by Laguna La Crete 125 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Laguna La Crete 125 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R666 R599 per nag (plek vir 4)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 8 Jul 2019 tot 19 Sep 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false