Laguna La Crete 166

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lagguna La Crete 166 is 'n selfsorgwoonstel in Uvongo, 'n kusdorpie langs KwaZulu-Natal se Hibiskuskus. Dié vriendelike dorpie het 'n ontspanne vakansie-atmosfeer met ongerepte strande en welige subtropiese plantegroei wat tot die omgewing se natuurskoon bydra. Gaste kan luilekker op die strand ontspan en dierereservate, restaurante, winkels, natuurreservate en gholfbane in die omgewing besoek.

Die kothuis het slaapplek vir 4 en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Elke kamer het 'n plafonwaaier.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n toonbank met stoele. Dit sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV. Gaste moet asseblief hulle eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saambring.

Die leefarea lei na 'n lieflike balkon met 'n etenstafel met sitplek vir 4. Daar is ook gasbraaigeriewe. Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad, tennisbaan, wassery, 24 uur-sekuriteit, direkte strand-toegang en onderdakparkeerplek.

Slaapplek

'n Bespreking by Laguna La Crete 166 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Laguna La Crete 166 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false