Laguna La Crete 169

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Laguna La Crete 169 is 'n selfsorgwoonstel in Uvongo, 'n rustige kusoord aan KwaZulu-Natal se Hibiskuskus. Die ongerepte strande en subtropiese plantegroei dra by tot dié vriendelike dorpie se pragtige natuurskoon. Gaste kan heeldag luilekker op die strand ontspan of die diereparke, restaurante, winkels natuurreservate en gholfbane verken.

Die woonstel bied slaapplek aan 6 gaste en het 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n uitsig oor die see. Die tweede slaapkamer het 2 stapelbeddens. Die badkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is toegerus met 'n skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is 'n ontbyttoonbank met stoele, 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met 'n DStv-koppelpunt. Gaste moet hulle eie dekodeerder en slimkaart saambring.

Die leefarea lei na 'n balkon met stoepmeubels. Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad, braaigeriewe, 'n tennisbaan, wassery, 24 uur-sekuriteit, direkte toegang tot die strand en onderdakparkeerplek.

Slaapplek

'n Bespreking by Laguna La Crete 169 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 4 persone
2 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Laguna La Crete 169 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false