Laguna La Crete 18

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Laguna La Crete 18 is in 'n gesinsvakansie-oord reg teen die see by die gewilde Uvongo-strand geleë. Dié kompleks het 2 swembaddens en bied direkte toegang tot die strand.

Die woonstel het slaapplek vir 6 mense en daar is 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n plafonwaaier en 'n deur wat na die veranda met sy uitsigte oor die branders lei. Die en suite-badkamer het 'n bad, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer beskik oor 2 enkelbeddens. Albei slaapkamers het plafonwaaiers. Die tweede badkamer beskik oor 'n stort, bad, toilet en wasbak.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n yskas-vrieskas, oond, stoof en mikrogolfoond. Eetgerei, breekware en elektriese toestelle word ook voorsien. Die leefarea is ingerig met 'n moderne en gemaklike sitkamerstel, 'n eetkamertafel met sitplek vir 6, 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler. Die leefarea het skuifdeure wat lei na die veranda wat toegerus is met patio-meubels en 'n gasbraai.

Elke eenheid het 1 onderdakparkeerplek en 1 besoekersparkeerplek agter 'n heining met 'n sekuriteitsingang en 'n 24 uur-sekuriteitswag. Die kompleks word 24 uur per dag deur wagte gepatrolleer.

Slaapplek

'n Bespreking by Laguna La Crete 18 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Laguna La Crete 18 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false