Laguna La Crete 180

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 50 % af

Kry 50% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 9 Apr 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

Laguna La Crete 180 is 'n ten volle gemeubileerde woonstel met 'n gedeeltelike see uitsig in 'n veilige kompleks in die kusdorp Uvongo. Dié vriendelike dorp het 'n ontspanne vakansie-atmosfeer met ongerepte strande en welige subtropiese plantegroei wat tot die pragtige natuurskoon bydra.

Die eenheid op die grondvloer het 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 5 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en daar is 'n driekwartslaapbank in die sitkamer. Daar is een volledige badkamer met ‘n toilet, bad, wasbak en 'n stort.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, ketel en kookgerei. Die sitkamer het 'n TV en gemaklike sitplek en dit bied toegang tot 'n stoep waar die see gedeeltelik sigbaar is.

Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en braai-area en daar is een onderdak parkeerplek en genoeg plek om 'n sleepwaentjie of 'n boot te parkeer.

Met die klim van ‘n bultjie en 'n paar trappies het gaste toegang tot die hoofswemstrand van die kompleks af en is daar verskeie besienswaardighede asook restaurante, wildreservate, winkels, natuurreservate en gholfbane in die area.

Slaapplek

'n Bespreking by Laguna La Crete 180 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Laguna La Crete 180 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 R550 per nag (plek vir 5)

Kry 50% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 9 Apr 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false