Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Laguna La Crete 190

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Laguna La Crete 190, Selveylaan, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R550 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Laguna La Crete is in 'n veilige kompleks in Uvongo geleë. Hierdie eenheid het 'n lieflike see-uitsig met 'n balkon vanwaar besoekers die walvisse, dolfyne en bote kan dophou.

Die eenheid is op die middelste verdieping en bestaan uit 2 slaapkamers, 2 badkamers (een met 'n stort en die ander met 'n bad), oopplan-kombuis en -sitkamer. Daar is 'n dubbelbed in die hoofslaapkamer en 3 enkelbeddens in die tweede kamer (stapelbedjies). Die oopplan-kombuis is modern en volledig toegerus en het 'n ontbyt-toonbank. Die sitarea het 'n platskerm-TV met DStv wat op versoek gekoppel kan word teen 'n addisionele fooi. Die eenheid het ook 'n kluis om jou waardevolle besittings toe te sluit.

Al die nodige linne word voorsien, maar bring asseblief jou eie strand- en badhanddoeke saam. Die eenheid word nie daagliks skoongemaak nie, maar skoonmaakdienste is beskikbaar op versoek. Sekuriteitswagte sorg vir uitstekende sekuriteit en toegangsbeheer by die kompleks. Die kompleks beskik ook oor 'n swembad, tennisbaan en gemeenskaplike braai- en wasgoedgeriewe op die perseel. Onderdakparkeerplek is beskikbaar vir 1 motor en oop parkeerplek is beskikbaar vir 'n tweede motor en sleepwa.

Uvongo se strand, strandmeer en waterval is stap afstand van die eenheid af. Die strand word beveilig deur haainette, en lewensredders is aan diens. Daar is ook 'n visvangkaai by die strand wat baie gewild is onder vissermanne. Die strand beskik ook oor 'n winkel en restaurant.

Slaapplek

’n Bespreking by Laguna La Crete 190 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed Stapelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 3 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xStapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Waaier
  • Klein kombuis
  • Sitkamer
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 28 resensies vir Laguna La Crete 190
Netheid
4.4/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.4/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Jan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 28

Jaar gelys 9

Ligging

  • Laguna La Crete 190, Selveylaan, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Laguna La Crete 190 het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R550
per nag (plek vir 5)
Vanaf
Vanaf R550
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Laguna La Crete 190, Selveylaan, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDY2ODA1ZWUwLTg2ZWYtNGJjNC1hOTAxLTdhN2RmOGFiNjI3OA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R550 per nag (plek vir 5) 28 5 1 5 190 Laguna La Crete Selvey Avenue 4270 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -30.836751425572 30.393178041139
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem