Laguna La Crete 196

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Laguna La Crete 196 is 'n selfsorgwoonstel in die rustige dorpie, Uvongo, op die Hibuskuskus van KwaZulu-Natal. Dié vriendelike dorp het 'n ontspanne vakansie-atmosfeer, ongerepte strande en welige subtropiese plantegroei wat deel van die geweldige natuurskoon vorm. Spandeer luilekker dae op die strand, besoek diere- en natuurreservate, of restaurante, winkels en gholfbane.

Die woonstel het slaapplek vir 4 gaste in 2 slaapkamers. Daar is 2 badkamers, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die eerste badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak, en die tweede badkamer het 'n bad, toilet en 'n wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien. Daar is 'n plafonwaaier in elke slaapkamer.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, breekware en eetgerei. Daar is 'n ontbytkroeg met sitplek. Die sitkamer het lugversorging, 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met DStv.

Die ooppplan-leefarea lei na 'n pragtige balkon met 'n tafel en sitplek vir 4, asook 'n gasbraai. Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad, tennisbaan, wassery, 24 uur-sekuriteit, direkte toegang tot die strand en onderdakparkeerplek.

Slaapplek

'n Bespreking by Laguna La Crete 196 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Laguna La Crete 196 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false