LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Laguna La Crete 2 | LekkeSlaap
+14

Laguna La Crete 2

Selfsorg
Spesiale Aanbod 14% af

Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6. Geldig vanaf 11 Aug 2021 tot 15 Des 2021.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Selvylaan 2, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R950 R814 per nag(plek vir 6)

Beskrywing

Laguna La Crete 2 is 'n ruim eenheid op die eerste verdieping in 'n goed versorgde sekuriteitskompleks, reg teenaan die see en strandmeer in Uvongo. Dit is net 300 m se stap oor die grasperke na Uvongo se windbeskutte strand met 'n haainet en bekoorlike strandmeer, asook 'n pragtige waterval. Dit is sonder twyfel een van die mooiste plekke aan KwaZulu-Natal se kus.

Die eenheid het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en wasbak. Die tweede kamer het ook 'n dubbelbed, en die derde kamer beskik oor 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer word gedeel deur laasgenoemde twee kamers, en is ingerig met 'n bad, stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n oond, stoof, yskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Die leefarea het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv-toegang. Gaste moet asseblief hul eie DStv-dekodeerder, slimkaart en afstandbeheer saambring indien hulle wil DStv kyk.

Die dubbelvolume-balkon bied uitstekende gasbraaigeriewe.

Onderdakparkeerplek, swembaddens, tennisbane, en buitebraai-areas is beskikbaar vir gaste se gebruik.

Uvongo is die perfekte plek vir 'n luilekker vakansie, en dit bied geleenthede regdeur die jaar vir sonbaai, swem, branderplankry, lyfplankry, visvang, voetslaan, draf, berg- en padfietsry, kanovaarte, en bootvaarte. Dan is die Blouvlagstrande van Margate, Ramsgate en Marinastrand ook net 'n paar minute se ry van Uvongo af. Margate bied baie doendinge vir die jongspan binne en buite seisoen, en die nabygeleë St Michaels-strand is 'n uitstekende plek vir branderplankry.

Slaapplek

’n Bespreking by Laguna La Crete 2 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 1 resensie vir Laguna La Crete 2
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Selvylaan 2, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Laguna La Crete 2 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R950
R950 R814
per nag (plek vir 6)
Vanaf R950
R950 R814
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Selvylaan 2, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDUzOWM1NmQyLWZkN2EtNGFiMy1hOTJjLTViOWFlZTU3MzkyMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R950, nou Vanaf R814  per nag(plek vir 6) 1 5 1 5 2 Selvy Avenue Uvongo 4270 KwaZulu-Natal 086 999 0018 13:00-23:00 09:00 -30.837297049437 30.394244045019
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!