Laguna La Crete 71

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Laguna Le Crete 71 is geleë in 'n gesinsvakansie-oord aan die seekant van die gewilde Uvongo-strand. Dié kompleks bied direkte toegang tot die strand en het 'n swembad op die perseel.

Die woonstel het slaapplek vir 6 mense in 3 slaapkamers met 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n see-uitsig en het 'n koningingrootte-bed, 'n plafonwaaier en 'n deur wat lei na die veranda met sy uitsigte oor die branders. Die en suite-badkamer het 'n bad, wasbak en 'n toilet. Die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en 'n plafonwaaier. Die gesinsbadkamer het 'n stort, bad, wasbak en toilet.

Die kombuis is toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n yskas-vrieskas, oond, stoof, breekware, kookgeriewe en elektriese toebehore. Daar is ook 'n gerieflike leefarea met 'n gemaklike sitkamerstel en 'n ontbythoekie met kroegstoeltjies. Daar is 'n platskerm-TV met DStv en 'n DVD-speler. Die leefarea het skuifdeure wat lei na 'n veranda met wonderlike see-uitsigte. Daar is ook gemeenskaplike braai-area beskikbaar. Daar is ook heelwat parkeerplek en die winkels en restaurante is stapafstand van die eenheid af.

Elke eenheid het 1 onderdakparkeerplek en 1 omheinde besoekersparkeerplek agter 'n sekuriteitsingang met 'n sekuriteitswag wat 24 uur aan diens is. Die kompleks word gepatrolleer deur wagte 24 uur van die dag. Daar is ook 'n tennisbaan en wasgoedgeriewe.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Laguna La Crete 71 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za