Laguna La Crete 86

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Laguna La Crete 86 is 'n selfsorgwoonstel in Uvongo, 'n rustige kusdorpie langs die Hibiscus-kus van KwaZulu-Natal. Dié vriendelike dorp het 'n ontspanne vakansie-atmosfeer, ongerepte strande, welige subtropiese plantegroei, en geweldige natuurskoon. Gaste kan hier luilekker op die strand ontspan, of restaurante, winkels, wild- en natuurreservate besoek en selfs gholf gaan speel.

Die woonstel het slaapplek 8 gaste in 3 slaapkamers, en daar is 2 badkamers, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, en die derde slaapkamer het 2 stapelbeddens.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg met 'n skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, breekware en eetgerei. Daar is ook 'n ontbytkroeg met nog sitplek. Die eetkamer het sitplek vir 6 en die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel met 'n TV wat 'n DStv-koppelpunt het. Gaste moet asb. hulle eie dekodeerder en slimkaart saambring.

Die leefarea lei na 'n pragtige balkon en 'n stoeptafel met sitplek vir 8. Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad, braaigeriewe, tennisbane, waskamer, 24 uur-sekuriteit, direkte toegang tot die strand en onderdak parkeerplek.

Slaapplek

'n Bespreking by Laguna La Crete 86 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 4 persone
2 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Laguna La Crete 86 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za