Laguna La Crete 93

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 20 % af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 2 Mei 2019 tot 12 Des 2019.

Beskrywing

Laguna La Crete 93 is ’n selfsorgwoonstel in die Beacon Rocks-sekuriteitskompleks in Uvongo. Die kompleks is naby Uvongo se strand en ander besienswaardighede in die area.

Dié woonstel is op die grondverdieping en bied slaaplek aan 6 gaste. Daar is 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en 'n en suite-badkamer en die tweede en derde kamer het elk 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het ’n bad, stort, toilet en wasbak.

Die oopplan-kombuis het ’n yskas, mikrogolf, oond, stoof en skottelgoedwasser. Die sitarea langsaan het ’n TV met DStv-koppelpunt, so gaste kan hul eie DStv-dekodeerder, -kabels en -slimkaart saambring. Explora-dekodeerders werk ongelukkig nie hier nie.

Die leefarea lei na ’n balkon met 'n gasbraai. Die kompleks spog met ’n gemeenskaplike swembad, braaigeriewe, ’n klubhuis, tennisbaan en veilige onderdakparkeerplek.

Die kompleks is ook net 6 km vanaf die Hibiscus Mall, Margate se hoofstrand, Shelly Centre, restaurante en ’n pragtige rit ver van ander geriewe in dié area van die Suidkus.

Slaapplek

'n Bespreking by Laguna La Crete 93 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Laguna La Crete 93 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R968 R774 per nag (plek vir 6)

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 2 Mei 2019 tot 12 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za