Laguna La Crete Unit A

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Laguna La Crete Unit A is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Margate. Dit is ideaal vir 'n gesin wat op soek is na gerieflike verblyf met lieflike uitsigte naby al die besienswaardighede aan die Suidkus.

Dié woonstel is op die grondvloer, is smaakvol versier en bestaan uit 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-leefarea. Twee van die slaapkamers het dubbelbeddens en die derde slaapkamer het 2 stapelbeddens, en daar is 'n bad en/of stort, wasbak en toilet in die badkamer. Die kombuis is goed toegerus en het 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, oond met stoof, tuimeldroër en ander toebehore. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met sekere DStv-kanale en dit en die hoofslaapkamer het skuifdeure wat oopmaak op 'n onderdak-balkon met gasbraaigeriewe en 'n pooltafel.

Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en daar is veilige parkeerplek vir 1 voertuig op die perseel. Laguna La Crete Unit A is stapafstand van die strand en net 'n kort entjie se ry vanaf verskeie restaurante, winkels en ander geriewe.

Slaapplek

'n Bespreking by Laguna La Crete Unit A sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 4 persone
2 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Laguna La Crete Unit A gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R775 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za