Lake Komo on Kosmos

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 14 % af

Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6 vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Lake Komo on Kosmos is in die rustige dorpie Kosmos aan die oewer van die Hartbeespoortdam in die Magalies-biosfeer geleë.

Die kothuis se tuin het oorspronklik 'n Engelse styl gehad, maar bied nou 'n unieke mengsel tradisionele elemente en ruigtes vol ornamentele en eetbare plante.

Belangrike inligting:
1. Dié area ervaar tans beurtkrag en waterbeperkings. Daar word 'n versoek aan gaste gerig om water en krag asb. spaarsamig te gebruik. Die tye van beurtkrag sal so gou as moontlik aan gaste in enige spesifieke tydperk deurgegee word. Ons word soms onkant gevang en begrip van gaste sal waardeer word in hierdie ongerieflike tydperk.
2. Lake Komo is 'n wegbreekbestemming en in 'n rustige omgewing. Gaste kan verskeie plekke in die nabye omgewing geniet soos, restaurante, lewendige musiek-venues of net rondloop by die vlooimarkte in Chameleon Village. Dit is ideaal vir gesinne om tyd saam te spandeer. Lake Komo on Kosmos is nie 'n partytjie-venue nie.

Meer oor Lake Komo on Kosmos:
Dit is ideaal vir diegene wat wil wegbreek van die stad se gejaag. Geraasvlakke is baie laag. Indien jy 'n oggendpersoon is, sal 'n gratis koppie koffie of tee op ons cocktail-dek wat oor die Hartbeespoortdam uitkyk, baie lekker smaak, terwyl die klanke van verskeie voëlspesies met sonsopkoms gehoor kan word.

Die kombuis is ten volle toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, konveksie-oond, ketel en inloop-spens.

Dié selfsorghuis het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers met en suite-badkamers. Die slaapkamers het albei 'n koningingrootte-bed. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-stort en toilet. Die tweede slaapkamer het 'n aparte badkamer en toilet in die gang. As die gangdeur toegemaak word is dié badkamer soos 'n en suite-badkamer vir die tweede slaapkamer.

Die sitarea en tweede slaapkamer lei na ’n houtdek met ’n uitsig oor die dam.

Lake Komo is die geliefkose plek vir natuurliefhebbers en mense wat smag na 'n wegbreek uit die stad. TV is nie hoog op die prioriteitslys nie, maar daar is basiese kanale vir dié wat graag TV wil kyk, onder andere SABC 1, 2 en 3.

Daar is braaigeriewe en onderdakparkeerplek beskikbaar.

Doendinge: Daar is amper 50% van Suid-Afrika se voëllewe op die perseel. Gaste kan 'n skemerkelkie op die dek geniet, oor die dam uitkyk en die voëllewe dophou.

Doendinge sluit Magalies Park Gholfklub, Silkaatsnek natuurreservaat, Harties mark, Owl Rescue Centre en Hartebeespoortdam Snake and Animal Park in. Wanneer gaste se bespreking bevestig is sal hulle toegang tot die geselsplatform kry met 'n lys van verskillende doendinge om van te kies.

Slaapplek

'n Bespreking by Lake Komo on Kosmos sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lake Komo On Kosmos gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 R1 286 per nag (plek vir 4)

Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6 vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za